Welkom by PENdit.za

Vir talentvolle Afrikaanse skrywers wat graag hul werk wil publiseer en met ander wil deel

Keurbundel – VLERKE – Kortverhale oor engele

Keurbundel – VLERKE – Kortverhale oor engele



 

Hierdie unieke keurbundel, met Engele en Kersfees as die hooftema, bied stof tot nadenke, dankbaarheid en hoop wat  in goedvoelstories omskep is.

VLERKE is genotvolle leesstof wat jou wegvoer na verbeeldingryke vertellings deur talentvolle skrywers. Die bundel is enig in sy soort en word gekenmerk deur die gebruik van ’n ryke woordeskat in Afrikaans.

Hierdie kortverhale is sielverkwikkend terwyl die leser vasgevang word in intriges. Vertellings wissel van die goeddoen van engele wat om ons is, tot Engele wat ongesiens die mens se pad kruis.

Kleurryke verhale word realisties weergegee in beskrywende omstandighede. Die noodlot, liefde en hartseer speel soms ’n rol, terwyl oplossings gevind word en uitdagings oorkom word.

Die mens het deurentyd die behoefte om terug te keer na en vas te hou aan wonders; ook genadewonders van geloof, hoop, liefde, vertroosting.

Ons hoor ook so dikwels van bonatuurlike verskynsels en engele. Hierdie bundel bestaan uit ʼn versameling pragverhale, essays en gedigte oor engelewesens, hetsy rondom Kersfees of alledaags, die vrede en vreugde van gelukkige eindes en liefdevolle saamwees.

UITGEWERS: PENdit.za

 

Vir aankope: http://pendit.co.za/inkopies/

admin

You must be logged in to post a comment