Welkom by PENdit.za

Vir talentvolle Afrikaanse skrywers wat graag hul werk wil publiseer en met ander wil deel

MOEDERTAALFEES – Afrikaans

MOEDERTAALFEES – Afrikaans




Moedertaaldag 21 Februarie 2019

Moedertaalfees is ’n inisiatief van PENdit.za ter bevordering van Afrikaans Verhaalkuns.

MOEDERTAALDAG is op 21 Februarie, wêreldwyd.

 

Ons nooi al ons lede uit om deel te neem aan ons 3 dae program: 20 – 22 Februarie 2019. Indien jy ‘n lid van PENdit.za wil word, registreer op ons blad of sluit aan by ons Facebookblad.

 

REGISTREER AS LID: http://pendit.co.za/registreer-vir-blootstelling-van-jou-skryfwerk/

FACEBOOK: https://www.facebook.com/groups/1916633848454903/

 

MOEDERTAALFEES – Program:

20 Februarie – VERSINDABA

  • Skryf ’n huldeblyk vir ons moedertaal, Afrikaans
  • 70 – 80 woorde

21 Februarie – VERHAALKUNS

  • Skryf ’n kortverhaal of prosa met moedertaal as tema.
  • 200 – 250 woorde

22 Februarie – FOTOVERHAAL

  • Stuur enige foto per e-pos wat ons moedertaal bevorder / verteenwoordig / beskryf, vergesel deur ’n Afrikaanse self-geskryfde onderskrif (5 tot maksimum 20 woorde) – oorspronklik en kreatief (byvoorbeeld: advertensie, logo, bemarkingsfoefie, sêgoed, liedjie).

REËLS:

  • GEDIGTE: word net geplaas op 20 Februarie
  • VERHAALKUNS: word net geplaas op 21 Februarie
  • Stuur jou eie foto of afgelaai vanaf google per e-pos (info@pendit.co.za). Géén foto’s met onderskrifte sal aanvaar word op die blad nie. Dit word net op 22 Februarie geplaas.
  • Slegs een inskrywing per kategorie – Versindaba, Verhaalkuns en Fotoverhaal.

PRYS: (Vir beste bydrae in enige kategorie) – PENdit.za sertifikaat en ’n gratis kortverhaal proeflees.

 

admin

You must be logged in to post a comment