Welkom by PENdit.za

Vir talentvolle Afrikaanse skrywers wat graag hul werk wil publiseer en met ander wil deel

SKRYF JOU STORIE – Derde Keurbundel deur PENdit.za

SKRYF JOU STORIE – Derde Keurbundel deur PENdit.za

SKRYF JOU STORIE – Derde Keurbundel deur PENdit.za



Kom skryf saam aan ons Derde Keurbundel met die tema TYD

Hierdie keurbundel gaan groot uitdagings bied aan al ons skrywers. Maak julle reg vir buite die boks uitdagings en interessante kinkels in die kabel. Ons gaan dieper delf, navorsing aanspoor en die kreatiewe wakker maak. TYD bied geleentheid om in verskeie periodes te skryf en interessante elemente en emosies te gebruik.

TYD is die verlede, hede en toekoms. Vanaf die Steentydperk, die Middeleeue en Renaissance – alle periodes en eeue bied ’n wye veld om oor te skryf.

 

Ons eerste uitdaging is soos volg:

TYDperk: Renaissance (Verligtingstydperk), 1793

TYD: 13h53

PLEK: Paleis van Fontainebleau, Frankryk – 1) die tuin 2) bibliothèque 3) slawekwartier 4) Chambre de musique

ELEMENTE: briefhouer, lugballon, kompas, teleskoop, juweelkissie, standbeeld, masker

EMOSIES: Jaloesie, verraad, geskok, geheimsinnig

Skryf ‘n kortverhaal van 1500 woorde wat afspeel gedurende hierdie periode. Gebruik die elemente (minimum twee), emosies (minimum twee) en tyd as faktor in die verhaal. Gebruik ook een of meer van die milieu / agtergrond.

Ons hoop julle geniet hierdie uitdaging en wag in spanning om julle verhale te lees.

SperTYD: Uitdaging sluit 20 Maart 2019, 19h00 (oor twee weke).

Onthou: e-pos jou storie ook na roneldunn@gmail.com

Maak gerus TYD en neem deel aan elke uitdaging … ons sien uit na julle unieke TYD-geskrifte!

Slegs lede van PENdit.za kan deelneem. Besoek gerus ons Facebook-blad en sluit aan of registreer op ons webwerf om al die voordele te geniet.

Facebook: https://www.facebook.com/groups/1916633848454903

admin

You must be logged in to post a comment