Welkom by PENdit.za

Vir talentvolle Afrikaanse skrywers wat graag hul werk wil publiseer en met ander wil deel

RIGLYNE VIR SKRYWERS – PENdit.za

RIGLYNE VIR SKRYWERS – PENdit.za

RIGLYNE VIR SKRYWERS – PENdit.za



RIGLYNE VIR SKRYWERS

Hou die volgende riglyne in gedagte wanneer jy ’n boek of kortverhaal skryf. 

  • Baie tyd, toewyding, self-dissipline en navorsing is nodig.
  • Maak jou gereed vir heelwat ure se sit voor die rekenaar om jou storie uit jou kop uit op die rekenaarskerm te kry. Skryf is ’n tydsame proses.
  • Sukses kom nie oornag nie – jy werk daarvoor.
  • Maak seker jou verhaal is goed geskryf – met geloofwaardige karakters (egtheid), ’n sterk storielyn (’n verrassende einde), sterk dialoog (realisties) en vloeiende narratief. Skryf met insig en dít waarvan jy kennis dra. Skryf met diepte en emosies wat nie oppervlakkig is nie. Lees soveel as moontlik ander skrywers se boeke; leer van hulle.
  • Moenie die fout maak om te dink jy kan ’n leser flous met ’n minderwaardige en afgeskeepte produk nie. Jou boek of kortverhaal moet skitter soos die sterre voor jy dit plaas of jou boek winkel toe gaan.
  • Jy moet jou eie werk doen – hierdie manier (self-publikasie) van boeke skryf en uitgee is baie nuut in Suid-Afrika en skrywers moet die geleentheid aangryp om blitsig soveel moontlik boeke te skryf en in die winkels te kry.
  • Jy sal jou eie bemarkingsveldtog moet loods tensy jy iemand wil huur om dit vir jou te doen. Daar is menigte platforms waar jy kán adverteer (teen minimale bedrag op PENdit.za webwerf).
  • Maak gebruik van die advertensieblad van PENdit.za. As ’n lid word jy én jou werk op die webwerf geplaas – waar is daar ’n beter manier om jou skrywes bloot te stel?
  • Jy moet jou eie boek in ’n e-boek omskep wat op alle tablette gelees kan word.
  • Jy moet besluit of jy harde kopieë van jou boek wil laat druk. Dis baie duur en die boek moet op een of ander manier versprei word. E-boeke kos niks om uit te gee nie.
  • Onthou za kan jou help om jou boek te publiseer. Ons is ook ’n uitgewer / publiseerder wat spesialiseer in self-publikasies.
  • Jy móét gebruik maak van proeflesers en teksredigeerders. Boeke met foute is onprofessioneel en skep ’n swak indruk van die skrywer – al is die verhaal hoe goed. za bied hierdie dienste aan. Besoek ons webwerf vir meer inligting.
  • Moenie dink jy gaan oornag duisende rande ontvang nie. Lesers moet eers van jou weet voor hulle jou boeke koop en as jou boek van goeie gehalte is, sal hulle weer jou boeke koop en ook vir ander daarvan vertel. Weereens beklemtoon ons die feit dat blootstelling (as lid van PENdit.za jou hier bevoordeel).
  • Moenie ontmoedig raak nie. Die eerste probeerslag is nooit die beste nie, maar soos met alle dinge, moet jy eers kruip voor jy kan loop. Daar is raad – al wat jy moet doen, is vra!
  • As jy nie ander boeke lees oor hoe om te skryf nie, sal jy nooit leer nie en gaan lesers nie jou boeke koop en lees nie. Daarom beveel ons ons PENdit.za Slypskool aan om die kuns van skryf baas te raak.

As jy egter voel jy wil eerder die tradisionele pad volg en jou naam in koerantopskrifte sien, dan is die groot uitgewers vir jou. Jy moet kennis neem dat uitgewers (bv. Lapa, NB Uitgewers, Human & Rousseau, ens.) honderde manuskripte moet keur. Hulle is besige mense met baie streng vereistes waaraan tot die letter voldoen moet word en as jy nie vooraf uitgevind het wat hul van jou wil hê nie, sal hulle jou manuskrip afkeur.

WORD ‘N LID:http://pendit.co.za/registreer-vir-blootstelling-van-jou-skryfwerk/

admin

You must be logged in to post a comment