Welkom by PENdit.za

Vir talentvolle Afrikaanse skrywers wat graag hul werk wil publiseer en met ander wil deel

Essaybundels – BETS KOEN – PENdit.za

Essaybundels – BETS KOEN – PENdit.za


Essaybundels deur BETS KOEN

Woord-en-musiekmens Bets Koen is een van ons proeflesers en teksredigeerders. Met ’n besonderse aanvoeling vir Afrikaanse letterkunde skop sy en haar mede-kollega stof in die oë van menige proeflesers. Sy deel graag haar kundigheid met aspirantskrywers. Jou manuskrip kan in ’n meesterstuk omskep word. Lede van ons slypskool vind haar modules maklik om te begryp, insiggewend en interessant. Met raad en daad is sy van ontskatbare waarde vir PENdit.za en ook vir jou as opkomende skrywer. Bets het verskeie publikasies in tydskrifte en gesamentlike bundels die lig laat sien, asook drie gepubliseerde bundels en ‘n kleuterprenteboek.

KEPIES OP MY KIERIE:

’n Lekkerlees kortverhaalbundel waarby lesers maklik sal aanklank vind omdat dit oor die lewe gaan. Ís bloed dikker as water – of nie? Toeval is eintlik beplan en liefde dra mens deur die lewe en ná die dood. Daar is ken en kén terwyl tyd vir ewig ʼn faktor is. Soms dink iemand hy weet, en dan … Die beloop van die lewe is buite ons beheer en die mistieke dra soms by tot verrassing en hoop vir die toekoms. Lees oor lewenswaarhede met uitkomste wat die leser telkens verras. Lekker lees!

MOZAMBIEK AVONTUUR:

Tydens ons kortstondige verblyf in Mosambiek was ek en my man met situasies gekonfronteer wat my skryflus aangewakker het – vandaar hierdie bundel. Beleef die wonderlike, maar ook die hartseer oomblikke saam met my.

OELIE, DIE HARTSEER UILTJIE:

Grootword is eina! Ons soek almal na ‘n plek in dié groot wêreld. Kinders en grootmense kan saam met Oelie ontdek dat, om jou eie self te wees, die beste is!

Om enige van hierdie publikasies te bestel, e-pos die skrywer na bets.adminco@gmail.com

Besoek ons blad – INKOPIES – vir pryse (Kliek hier): http://pendit.co.za/afrikaanse-boeke-deur-talentvolle-afrikaanse-skrywers/

 

Kyk gerus na ons video, SES DAE op YouTube: https://youtu.be/X7WY4RkMtR8

admin

You must be logged in to post a comment