Welkom by PENdit.za

Vir talentvolle Afrikaanse skrywers wat graag hul werk wil publiseer en met ander wil deel

SKRYWERSWERKSWINKEL – Swellendam – PENdit.za

SKRYWERSWERKSWINKEL – Swellendam – PENdit.za



Skrywerswerkswinkel in Swellandam  – insamewerking met Swellendam Winter School

BETS KOEN EN RONéL DUNN bied gedurende die week van 13 – 17 Mei 2019 ‘n 5-dag skrywerswerkswinkel op Swellendam aan. 

Werkswinkel se prys is R3 350 per persoon. Die kostes sluit in verversings asook vier 2-gang middagetes. Akkommodasie is beskikbaar teen spesiale pryse vir kursusgangers by geselekteerde B&B’s en gastehuise. Swellendam, genestel aan die voet van die Langeberg en die hartjie van die Overberg, is die ideale plek vir ‘n kort wegbreek wat die siel sal verkwik. En waarom nie nog iets byleer in daardie periode nie? Van Mei tot Augustus word 52 verskillende kursusse aangebied.

Hierdie skryfkurses bied beginners sowel as skrywers die geleentheid om kennis op te doen aangaande die Afrikaaanse verhaalkuns – om wennerwenke en vernuwing te ervaar.  Die kurses bestaan uit 6 sessies en 8 modules. Na voltooiing ontvang elke skrywer ‘n sertifikaat van PENdit.za.

Gaan kyk gerus wat beskikbaar is by winterschool.co.za of op Swellendam Winter School (SWS) se facebook-blad.

Bets en Ronél kan ook gekontak word by info@pendit.co.za of (lede) op PENdit.za se facebook skrywersblad.

SWS: https://www.facebook.com/swellendamwinterschool/

Kontak PENdit.za:http://pendit.co.za/kontak-ons-puik-dienste/

 

 

admin

You must be logged in to post a comment