Welkom by PENdit.za

Vir talentvolle Afrikaanse skrywers wat graag hul werk wil publiseer en met ander wil deel

CROYEZ LITERÊRE TOEKENNING – PENdit.za

CROYEZ LITERÊRE TOEKENNING – PENdit.za


Drie PENdit.za skrywers ontvang erkenning vir hul kortverhale

Ons lesers was baie beïndruk met die gehalte van die verhale wat ontvang is. En veral omdat dit deur opkomende skrywers voorgelê is – Zalman S. Davis, VOORSITTER

 

Erkenning is ontvang deur drie van ons PENdit.za skrywers vir hul inskrywings vir die CROYEZ LITERÊRE TOEKENNING Kompetisie. Bets Koen, Bianca Botha en Nico Schamrel se kortverhale word in hierdie besonderse bundel, titeld ‘n Sussue vir Simoné, gepubliseer.

‘Ons wil die volgende kompetisie weer gratis aanbied en meer mense bereik. Ons wil opkomende skrywers die geleentheid bied om hulle werk gepubliseer te kry, om blootstelling vir hul werk te kry en die heel
belangrikste: erkenning.’ alias Zalman Davis, samesteller en voorsitter van Croyez.

Die Croyez Literêre Toekenning-kortverhaalbundel sal binnekort beskikbaar wees om te bestel, maar word ampetlik die 13de Julie by die gala-aand te Alberton, Gauteng bekendgestel. Die bundel word deur ons affiliasie, Minimal Press, gepubliseer en sal deur hul verspreider na winkels versprei word – fisiese boekwinkels,
asook aanlynboekwinkels.

 

Die Croyez Literêre Toekenning was vanjaar gratis en sal volgende jaar ook gratis wees. Ons is afhanklik van ’n paar borge wat dit moontlik maak dat die kompetisie kan plaasvind. Ons wil groter hoogtes bereik, meer skrywers die geleentheid bied om hul skryftalent ten toon te stel.

Elke verhaal was op die volgende kriteria beoordeel:
•       Kreatiwiteit (40%)
•       Struktuur (20%)
•       Taalgebruik (30%)
•       Maggies-faktor (10%) (“Wow”)

 

Inskrywings vir die 2020 Croyez Literêre Toekenning open Maandag, 12 Augustus 2019 en sluit Maandag, 13 Februarie 2020.

Ondersteun ons skrywers deur om vir jou ’n kopie te bestel. Rig ‘n e-pos aan croyezlitaward@classicmail.co.za
’n Sussie vir Simone —— R200 (posgeld uitgesluit)
Minimal Press en die Croyez Literêre Toekenning se 2019-kortverhaalwedstryd vir opkomende skrywers word met die een-en-twintig stories – agtien Afrikaans en vier Engels – in ’n Sussie vir Simone afgesluit.
Vanjaar se beste stories van die jaar – soos saamgestel deur Zalman S. Davis – belig uiteenlopende temas soos liefdesteleurstellings, die dood, humor, reissketse, en nog vele meer.

https://www.facebook.com/thecroyezlitaward/

https://www.facebook.com/groups/1916633848454903/

admin

You must be logged in to post a comment