Welkom by PENdit.za

Vir talentvolle Afrikaanse skrywers wat graag hul werk wil publiseer en met ander wil deel

RSG en Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie

RSG en Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie


Hierdie is jou kans om groot pryse te wen!

Kopie vanaf RSG webwerf:

Die RSG en Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie is vanjaar 23 jaar oud met prysgeld ter waarde van R90 000. Die wendrama sal vanjaar R35 000 ontvang, terwyl die tweede en derde plek met prysgeld van onderskeidelik R25 000 en R15 000 bekroon sal word. Die Jong Skrywer (jonger as 30 jaar) sal ook R15 000 ontvang. Buiten die prysgeld word die wendramas ook op RSG uitgesaai.

Hier is ‘n kans om jou verbeelding vrye teuels te gee en boonop jou storie op radio te hoor. Klik hier op die log (links) vir ‘n paar skryfwenke oor hoe om vir die radio te skryf. Bly ingeskakel op RSG vir die aankondiging oor twee gratis skryfskole wat in onderskeidelik in Kaapstad en Johannesburg aangebied sal word.

Die sluitingsdatum vir die 2019-kompetisie is Woensdag 31 Julie. So, opskud en sleep sommer nou die sleutelbord nader!

Luister na ‘n virtuele radiodrama-slypskool, aangebied deur RSG se uitvoerende regisseur: drama, Kobus Burger: www.rsg.co.za/images/upload/sound/klanke/20130509_RADIODRAMASLYPSKOOL.mp3

Lees artikel in radiodramaformaat oor RSG se radiodramaslypskool by die Suidoosterfees:
www.litnet.co.za/Article/suidoosterfees-2014-radiodrama-slypskool-in-samewerking-met-rsg

admin

You must be logged in to post a comment