Welkom by PENdit.za

Vir talentvolle Afrikaanse skrywers wat graag hul werk wil publiseer en met ander wil deel

IDEES HOE OM JOU BOEK TE BEMARK!

IDEES HOE OM JOU BOEK TE BEMARK!

IDEES en wenke hoe om jou eie boek te bemark (saamgestel: Nico Schamrel)

  1. Die Internet – bied verskeie platforms waar jy gratis kan bemark. Sommige webwerwe vra wel ’n minimale fooi, maar ander kan duur wees. Maak seker of dit wel gratis is.
  2. Facebook – jou eie blad is klaar ’n goeie begin. Daar is verskeie Facebook platforms bv. Kinders van die wind, Mega adverteerders, adverteer soos jy wil, Padlangs, ens. Tik in die soekblokkie net adverteer en daar sal ’n paar interessante plekke verskyn.
  3. Webwerf – ’n webwerf is ’n kosbare plek om op te bemark en bekostigbaar. Kyk gerus na PENdit.za se Inkopies. As ’n lid van die blad kan jy nie net jou boek bemark nie, maar ook jouself! Onthou: as jy op ’n webwerf adverteer word jou advertensie deur die hele sisteem van Google getrek en kan miljoene mense dit sien. Dit is die moeite werd.
  4. Nuusbrief – word aan baie mense gestuur. Google laat toe dat daar daagliks 2000 nuusbriewe versprei mag word per organisasie. PENdit.za se nuusbrief bied jou só ’n geleentheid aan. Dit is ’n wonderlike media en werk fantasties. Mense het nie tyd om orals te soek vir inligting nie. ’n Nuusbrief bring alles saam gelykertyd. Kyk gerus na ons sakpas kostes.
  5. Plaaslike koerant – van jou dorp kan ook ’n artikel plaas oor jou boek. Dit is gewoonlik gratis en met ’n foto. ’n Boksie tjoklits van Clicks maak mense se harte week.
  6. Radiostasies – in jou omgewing wat kleiner is, mag ook belangstel om daaroor te gesels of selfs ’n voorlesing te doen. Vra is vry en ’n baksel koeksisters maak baie deure oop.
  7. Eie Blog – is maklik om te skep. WordPress is eenvoudig en gratis. Registreer, kies ’n ontwerp, volg die instruksies en siedaar. Wees ook gewaarsku – jou blog gaan nie op Google deurtrek nie en jyself sal jou blog moet bemark. Hierdie tipe blog is nié ’n webwerf soos voorgegee word nie. Om jou eie webwerf te besit moet jy met ’n webmeester registreer. NS Creative Designs kan jou van hulp wees – nicoschamrel@gmail.com. Advies is gratis!
  8. Plaaslike biblioteek – niks verkeerd om ’n plakkaat te laat ontwerp om jou boek te adverteer nie. Plakkate kan by jou plaaslike biblioteek opgesit word en selfs op kennisgewingborde by  sekere kettingwinkels en winkelsentrums. Moenie skaam wees nie – vra is vry. Sit ’n baksel beskuit per abuis op die toonbank neer.
  9. Toonvenster – sekere winkels mag dalk jou boek met graagte ten toon stel. Byvoorbeeld: jou boekomslag het ’n hand met ’n ring – sal dit nie goed lyk in ’n juwelierswinkel se venster nie? Of jou kinderboek kan dalk goed vertoon in ’n speelgoedwinkel se toonvenster. Dink buite die wynboks!

Kopiereg: Nico Schamrel (PENdit.za)

admin

You must be logged in to post a comment