Welkom by PENdit.za

Vir talentvolle Afrikaanse skrywers wat graag hul werk wil publiseer en met ander wil deel

GEWILDSTE NUUSBRIEF IS PENBRIEF

GEWILDSTE NUUSBRIEF IS PENBRIEF

GEWILDSTE NUUSBRIEF IS PENBRIEF

Pendit.za se gewilde PENBRIEF verskyn tweeweekliks. Dit word per per e-pos gestuur. Hierdie NUUSBRIEF bied goeie inhoud en insetsels.

Artikels oor Suid-Afrikaanse skrywers, Afrikaanse taallesse en interessante boeke is gewild. Daar word ook gesels oor manuskripte, proflees en teksredigering. PENdit.za bied raad aan lede aangaande die skryf van verhale. Daar is ook humor deur die immer gewilde Antie Fancie, burgemeester en president van Holbrandfontein.

Elke uitgawe verskyn met ’n tema – byvoorbeeld, Groen, Lente, Erfgoed. Die nuutste Uitgawe Sewe, DE KAT (as tema), is ’n skiet op die gewilde Afrikaanse tydskrif. Dié uitgawe lê veral klem op vroue- en kindermishandeling. Daar is ’n onderhoud met Alison Botha, die boek Huis van Gruwels, Elsa Joubert se Poppie Nongena, asook Chris Karsten. Daar is raad vir e-boek publikasies en spelreëls. Lees ook ’n bespreking oor kortverhale, prosa, kinderboeke, Christelike-boeke en roman.

Daar is SKRYFKOMPETISIES om af te laai. Antie Fancie vertel van haar bedpan katastrofe. Ons gesels oor die belangrikheid van ‘n TITEL vir boeke en ‘n goeie BOEKOMSLAG. Ons gesels oor Roman, Kortverhale, Christelike-boeke en kinderboeke. Daar is BAIE MEER!

‘N LESER SE KOMMENTAAR: ‘Soos gewoonlik spring hierdie epos reg in my arms. Elke maand is dit die hoogtepunt in my boks en die lekkerste krieweling tot in my tone. Ek lees en proe die lekker tot op die end, en sug dan die laaste ‘aaag neeee’ as die einde kom. Dankie vir al die staaltjies wenke en planne en meeste dankie dat julle my aanhou slyp en laat glo ek gaan ook ‘n GROOT skrywer word – PENdit-groete, INA CANTONI

Indien jy graag hierdie PENbrief wil ontvang, kontak ons per e-pos: info@pendit.co.za

admin

You must be logged in to post a comment