Welkom by PENdit.za

Vir talentvolle Afrikaanse skrywers wat graag hul werk wil publiseer en met ander wil deel

E-boeke – hoe om te werk te gaan!

E-boeke – hoe om te werk te gaan!

E-boeke – hoe om te werk te gaan!

E-BOEK PUBLIKASIE: Goed nou is jou manuskrip klaar, jy het ook ‘n idee oor hoe jou buiteblad moet lyk. Jy het die nodige illustrasie(s) en ‘n moontlike goeie titel. Indien jy sou belangstel dat www.eBooksforyou.co.za dit publiseer, doen jy die volgende:   Jy e-pos jou manuskrip in Word-formaat. Jy e-pos die illustrasies in Jpeg-formaat. Indien jy ‘n buiteblad reeds ontwerp het, stuur jy dit ook in Jpeg-formaat. Dan stuur jy saam met dit ‘n inligtingsblad waarin jy uiteensit of jy die boek gratis aan die publiek wil aanbied, dit vir jou webwerf wil hê, bloot vir familie en vriende of jy wil dit te koop aanbied. Epos adres is: ebooksfyou@gmail.com. Wanneer jy dit as ‘n “te-koop” publikasie wil uitgee, sal die boek deur bogenoemde uitgewer dus gepubliseer word en daarna bemark word. Hierna sal dit op die webwerf aan kopers beskikbaar wees. Soos by enige uitgewer sal daar tantieme aan die skrywer uitbetaal word soos verkope vorder. Om ‘n boek uit te gee, sal egter vir jou ‘n paar rand kos. Anders as by tradisionele uitgewers wat boeke streng keur en baie mense teleurstel deur nie hul boeke uit te gee nie, gee die eboek skrywers inderwaarheid sy eie boek uit. Vanselfsprekend met die hulp van die uitgewer.   Die koste aan die proeflees, uitleg en opmaak van die boek self, is minimaal (kontak PENdit.za vir meer inligting – sien skakel onder). Indien ‘n buiteblad ontwerp moet word, kan dit effens duurder wees (NS Kreatiewe Ontwerp se koste vir ‘n voor- en agterblad is ongeveer R500.00 en die goedkoopste!). Die totale kostes sal egter steeds baie bekostigbaar wees. Om bv. slegs ‘n 100 papier-boeke van 150 bladsye elk uit te gee, kan maklik sowat R15,000 – R20,000 kos.   ‘n e-boek waarvan jy egter derduisende kan verkoop, behoort slegs sowat tussen   2% – 4% van bogenoemde bedrag te beloop.   Jou boek kan jou dus so min as R400 kos om gepubliseer te word, Indien jou boek egter teen R50 per boek verkoop, waarvan jy ‘n tantieme van R40 ontvang, hoef jy slegs 10 boeke te verkoop om jou uitgawes te dek.   Hou ook in gedagte dat jou boek op internet beskikbaar is. Daar is dus miljoene mense wat potensiële leser/kopers is. Uiteindelik hang dit bloot af van wat jy aan die lesers daarbuite bied. Of jy dit nou verkoop of gratis as lokmiddel op jou webwerf aanhou. indien die boek nie aantreklik lyk of met ‘n treffende titel spog nie, is die kanse skraal dat die boek gaan verkoop.   Aan die anderkant bly dit uiters belangrik dat die inhoud van jou boek goed is. Fiksie of Nie-fiksie: daar moet werklik iets in wees wat mense in die toekoms weer na jou boeke sal laat terugkeer. Onthou daar is baie mense wat ook skryf en indien jou eerste boek nie suksesvol is nie, gaan dit maar sukkel om lesers te motiveer om enige van jou daaropvolgende boeke aan te skaf. Na jy jou materiaal ingestuur het, neem dit ongeveer twee tot vier weke voor jy weer van die uitgewer hoor.

http://pendit.co.za/skrywers-dienste-vir-proeflees/

NS KREATIEWE ONTWERP: nicoshamrel@gmail.com

http://www.kwartspublishers.co.za/Publiseer-jou-boek

admin

You must be logged in to post a comment