Welkom by PENdit.za

Vir talentvolle Afrikaanse skrywers wat graag hul werk wil publiseer en met ander wil deel

Manuskrip voorlegging – hulp vir skrywers

Manuskrip voorlegging – hulp vir skrywers

Manuskrip voorlegging – hulp vir skrywers

Kry vooraf agtergrondinligting van die uitgewer waarheen jy jou manuskrip wil stuur. Meeste uitgewers het ’n webwerf waarop hulle hul eie spesifikasies uiteensit.

  • Stuur slegs jou heel beste poging. Laat jou manuskrip proeflees en redigeer. Hoekom jou kanse verbeur met ’n manuskrip vol foute?
  • Moet nooit ’n manuskrip aan meer as een uitgewer gelykertyd stuur nie.
  • Maak jou manuskrip netjies en foutloos. Onthou, jou manuskrip is deel van honderde wat daagliks ontvang word.
  • Moenie jou enigste kopie van die manuskrip pos nie. Dit kan verlore raak en uitgewers neem geen verantwoordelikheid vir jou manuskrip nie.
  • Kinderboekskrywers hoef nie illustrasies te voorsien nie . Meeste uitgewers het/besit hierdie diens.
  • Sommige uitgewers sal wel per e-pos erkenning van ontvangs van jou manuskrip bevestig en daarop aandui hoe lank die keuringstydperk moontlik kan duur (tot 6 maande en selfs langer). Skakel gerus indien jy nie van hulle hoor nie, maar moenie ’n oorlas wees nie. Daar is honderde manuskripte wat verwerk word.
  • Uitgewers pos selde jou manuskrip terug , maar ’n selfgeadresseerde koevert met die korrekte aantal posseëls mag dalk van hulp wees.
  • Nie alle uitgewers is bereid om jou in te lig waarom ’n manuskrip afgekeur is nie. Aanvaar dit so, want ’n woordwisseling gaan nie die uitgewer anders oortuig nie.
  • Indien ’n uitgewer jou manuskrip afkeur, staan dit jou vry om jou manuskrip na ’n ander uitgewer te stuur.

Stuur jou manuskrip in die volgende formaat:

  • Getik op wit A4-papier
  • Dubbelspasiëring
  • In ’n maklik leesbare lettertipe (12 pt Times New Roman)
  • Slegs aan een kant gedruk
  • Breë kantruimtes (margins) om aantekeninge te maak (2 cm is voldoende)
  • Manuskripte moet nie gebind wees nie.
  • Onthou om bladsye te nommer
  • Sluit asseblief ’n dekbrief by jou manuskrip in met die volgende inligting:
  • Kontakbesonderhede
  • Titel van jou manuskrip
  • Die teikenmark (ouderdomsgroep) wat jy in gedagte het
  • ’n Kort opsomming van jou storie
  • ’n Kort publikasie-agtergrond, indien jy reeds gepubliseer het
  • Woordtelling

https://www.youtube.com/watch?v=ZaGhKzT60ek

http://www.nb.co.za/ManuscriptSubmissions/50

http://pendit.co.za/skrywers-dienste-vir-proeflees/

admin

Comments are closed.