Welkom by PENdit.za

Vir talentvolle Afrikaanse skrywers wat graag hul werk wil publiseer en met ander wil deel.

Afrikaanse Spelling: los- en vasskryf

Afrikaanse Spelling: los- en vasskryf

Afrikaanse Spelling: los- en vasskryf

Die Los- en vasskryf van woorde:

VASSKRYF:

Woorde wat een begrip is, word in Afrikaans (anders as bv. in Engels) vas geskryf, byvoorbeeld: Afrikaansonderwyser. Onthou – ‘n koppeltekenwoord is ook een woord.

SAMESTELLINGS word as een woord geskryf:

‘n naamwoord + naamwoord, bv: skoolkind

‘n naamwoord + voornaamwoord, bv: pa-hulle, Naledi-hulle

‘n naamwoord + voorsetsel, bv: stroomop, kopaf, bergop

‘n naamwoord en werkwoord, bv: perdry, asemskep

‘n naamwoord + byvoeglike naamwoord, bv: kiemvry, vuurvas

‘n byvoeglike naamwoord + byvoeglike naamwoord, bv: donkergroen, stomverbaas

Samestellings met ‘n afkorting, simbool of syfer as eerste deel, word met ‘n koppelteken geskryf, bv. B-span, 2016-verkiesing, R100-donasie.

EIENAME:

Eiename met verbindings kan op verskillende maniere gespel word, bv. Klerksdorphospitaal, Klerksdorp-Hospitaal, Klerksdorp-hospitaal, Klerksdorp Hospitaal.

EIENAME met ‘n syfer of simbool as eerste deel, kry ‘n koppelteken, bv. 4×4-Toyota

TAALNAME word vas geskryf, bv. Standaardafrikaans, Praatafrikaans.

PLANT-EN DIERNAME, bv. geelslang, blouaap, witstinkhout

Woorde met  -eens, bv. meteens

Bywoorde + toe, bv. vorentoe, agtertoe boontoe, ondertoe

LOSSKRYF VAN OORDE:

Saamgestelde taalname waar die eerste deel verbuig word, bv. Kaapse Afrikaans

Woordgroepe, bv. op groot skaal, gevange neem

Verbindings van byvoeglike en selfstandige naamwoorde, bv. ‘n blink plan, ‘n groen rok

Rangtelwoorde in name, bv. 3e Laan; 33ste Straat

Telwoord + die woordjie al, bv. al twintig kinders.

Verbinding van ‘n selfstandige naamwoord + toe, bv. huis toe, skool toe, dorp toe, Kaap toe

TELWOORDE:

Dit kan op verskillende maniere geskryf word – los of vas: drie en twintig OF drie-en-twintig; twee duisend twee honderd OF tweeduisend tweehonderd.

http://pendit.co.za/slypskool-unieke-modules-vir-skrywers/

http://pendit.co.za/2019/09/25/koppelteken-word-hier-verduidelik/

admin

You must be logged in to post a comment