Welkom by PENdit.za

Vir talentvolle Afrikaanse skrywers wat graag hul werk wil publiseer en met ander wil deel

TYDPALET nuwe Afrikaanse keurbundel

TYDPALET nuwe Afrikaanse keurbundel

TYDPALET nuwe Afrikaanse keurbundel





Tydpalet is PENdit.za se derde keurbundel wat verskeie kortverhale bevat. Dit sluit nostalgiese verhale in oor die DRAADLOOS, verskeie tydperke, ongewone moordverhale, die goeie ou dae, selfs fantasie en die romanse. Hierdie keurbundel sal vroeg 2020 beskibaar wees.

Moenie hierdie bundel misloop nie. Die verhale word gekeur deur ‘n kundige paneel en deur talentvolle skrywers geskryf om aan die leser iets besonders te bied.

SINOPSIS: Soos die kleure op ‘n kunstenaar se palet kan betower en soos ‘n keurige banket die smaakpalet kan verower, so is Tydpalet. ‘n Verskeidenheid van kortverhale word soos ‘n spyskaart aangebied om die kieskeurige leser se palet te terg, plesier te gee en te bevredig. ‘n Palet, keurig saamgestel uit emosievolle intriges. Tydpalet, waar woorde tydloos is.

admin

You must be logged in to post a comment