Welkom by PENdit.za

Vir talentvolle Afrikaanse skrywers wat graag hul werk wil publiseer en met ander wil deel.

ENGELA – gewilde Kortverhaalbundel – Nico Schamrel

ENGELA – gewilde Kortverhaalbundel – Nico Schamrel

ENGELA – gewilde Kortverhaalbundel – Nico Schamrel

BESTEL: http://pendit.co.za/afrikaanse-boeke-deur-talentvolle-afrikaanse- skrywers/

KINDLE AFLAAI: http://amazon.com/author/nico-schamrel

ENGELA is ’n samevoeging van verskeie kortverhale wat uiteenlopende emosies wek – hartseer, geluk, liefde en die onvermydelike intriges van menswees. Dit lei tot vrae, antwoorde en soms die onverklaarbare.

Die twee kortverhale oor Engela, is ’n huldeblyk aan die skrywer se ma.

RESENSIE – deur Prof. dr. GJ van Jaarsveld (em.) D.Lit. (UV), MA (RAU), THOD (NKP)

“In jou kop is jou drome en jou stories; jou eie wêreld, ’n fantasie met verbeeldingsvlugte vol wonderwerke. Dit wat nie mooi is nie, kan jy inkleur in jou kop.”

Die aanhaling kom uit een van Nico se kortverhale in hierdie bundel. Hy kon nie sy eie skryfwerk beter beskryf het nie! Dit beskryf presies wat hy doen. Hy het die gawe om uit ‘n eenvoudige storielyn fantasie op te tower. Met fyn nuanses lok hy die leser om dieper te lees en emosies te ervaar as wat soms aardse, eenvoudige karakters sou suggereer en wat aan elkeen van sy stories ‘n diep menslike karakter gee. Hy stel ons voor aan karakters wat groter is en meer beleef as die hier en nou.

Hy vleg temas uit folklore, legendes en sprokies en dikwels uit die Bybel vernuftig in die konstruksie van sy verhale in en bring dit tot diepsinnige en verrassende ontknopings. Die eg menslike stories grens dikwels aan die bonatuurlike en feëtjieverhale met ‘n ryk simboliek. Hy trek jou tot binne-in die stories met haarfyn beskrywings van die situasies en atmosfeer.

Nico kleur elke verhaal in met verrassende, glashelder, visuele tonele. Hy put ryklik uit die natuur en jy kan dit as’t ware sintuiglik ervaar deur sy fyn en raak beskrywings. Hy munt die skat van die Afrikaanse taal in ongewone, funksionele beskrywings; in die gebruik van idiome; metafore en vergelykings, en in ongewone woordkeuses.  In bykans paragraaf na paragraaf staan jy verstom oor die skrywer se ryk woordeskat; sy spel met die taal; die maklike wisseling tussen die letterlike en die figuurlike. Verhale wat so ingekleur is, is net ‘n genot om te lees!

Lesers moet nie verwag om die tipiese tydskrifkortverhale in ENGELA te lees nie. Sy verhale is in ‘n klas van hulle eie; vir die fynproewer tot oneindige genot; vir voornemende skrywers ‘n literêre les. Vir ons ander? Lees self!

Dankie Nico, vir jou kop vol stories; vir hierdie wonder-werk en dankie dat jy dit vir ons so mooi inkleur.

Baie geluk met ’n pragtige bundel!

Boekomslag foto / Front cover photo – award winning photographer David Heger (Czech Republic): http://www.photoheger.com/

admin

You must be logged in to post a comment