Skrywersblok, ons gee raad!
Takel skrywersblok
Is die gevreesde skrywersblok ‘n kwint of ‘n kwaal, of bestaan dit werklik? Wat moet ek maak om uit te vind, en hoe moet ek dit benader en behandel?
Hier is ‘n plan, daar is natuurlik nog baie:
Skryf eers die einde, of die hoogtepunt, die draaipunt of die krisis. Of enige ‘lekker’ deel uit jou storie: ‘n wilde aksietoneel of ‘n bekgeveg tussen twee karakters. Laat die skryfsappe vloei. Gaan mal! Wonder jy of en waarom dit skrywersblok sal teenwerk?