Welkom by PENdit.za

Vir talentvolle Afrikaanse skrywers wat graag hul werk wil publiseer en met ander wil deel.

Skrywersblok, ons gee raad!

Skrywersblok, ons gee raad!

Takel skrywersblok

Is die gevreesde skrywersblok ‘n kwint of ‘n kwaal, of bestaan dit werklik? Wat moet ek maak om uit te vind, en hoe moet ek dit benader en behandel?

 

Hier is ‘n plan, daar is natuurlik nog baie: 

Skryf eers die einde, of die hoogtepunt, die draaipunt of die krisis. Of enige ‘lekker’ deel uit jou storie: ‘n wilde aksietoneel of ‘n bekgeveg tussen twee karakters. Laat die skryfsappe vloei. Gaan mal! Wonder jy of en waarom dit skrywersblok sal teenwerk?

  1. Dit ruk jou uit jou gemaksone en stimuleer die skrywersenergie.
  2. Dit dwing jou om verder te kyk, en om na te dink oor hoe die karakter gedurende die krisis sal optree.
  3. Dit lei tot nuwe perspektiewe, insigte en idees.
  4. Die karakter se optrede teen die einde bepaal hoe jy die karakter, die gebeure en die probleem of doel aan die begin moet voorstel.
  1. Deur die krisis, klimaks en einde te skryf stel jy aan jouself ’n doel waarop jy kan afstuur.
  2. Die meeste skrywers herskryf die begin honderde kere en rammel die einde af. Deur die einde aan die begin te skryf sal jy dit meermale besoek en verfyn.
  3. Maak notas oor die eienskappe van die karakters.
  4. Gesels met vriende oor jou idees en vra vrae wat jou moontlik kan inspireer.
  5. Lees meer oor die onderwerp en doen navorsing. Dit stimuleer jou nuuskierigheid!

LEER MEER: http://pendit.co.za/slypskool-unieke-modules-vir-skrywers/

BOEKOMSLAG: https://nicoschamrel.wordpress.com/ns-kreatiewe-ontwerp/

admin

You must be logged in to post a comment