Welkom by PENdit.za

Vir talentvolle Afrikaanse skrywers wat graag hul werk wil publiseer en met ander wil deel.

‘n Uitgewer met ‘n visie!

‘n Uitgewer met ‘n visie!

Ons verwelkom ‘n nuwe UITGEWER in ons midde – ‘n UITGEWER met visie en kreatiewe denke – Ns. SKRYWERSHUIS.

Hierdie uitgewer bied meer as wat jy verwag – ‘n aanlyn boekwinkel en ‘n virtuele koffiekroeg  – enige in sy soort. Kopers kan boeke aankoop in SA-rand deur die boekwinkel te besoek. Die aankope is ‘n eenvoudige stelsel en maklik om te gebruik. Klik op die koffiekroeg balkie en lees ‘n voorskou oor ‘n boek – GRATIS.

Ns. Skrywershuis is jou argitek vir jou publikasie. Wat word daarmee bedoel? Die uitgewer neem jou deur die hele proses van publikasie met verskeie dienste, bv. proeflees en teksversorging deur PENdit.za se professionele proeflesers, die ontwerp van jou boekomslag deur Ns. Kreatiewe Ontwerp, drukproses en bemarking. Hulle webwerf bied jou ook die geleentheid om jou boek te adverteer teen ‘n minimum koste.

Wat ook belangrik is, is dat jy nie gebind word deur ‘n kontrak nie. Jy ontvang die grootste persentasie tantieme en daar is heelwat voordele om jou sak aan te vul.

Sluit ook aan op Facebook – Ns. Skrywerhuis – hier word gereeld gedagtes geruil en boeke bemark. Jy kan jou skrywes op Maandae en Donderdae hier plaas. Verskye gratis dienste word soms aangebied, asook geskenkbewyse!

Ns. Skrywershuis se visie is om skrywers te help om hul droom te bewaarheid en om elkeen die geleentheid te gun om ‘n produk te lewer van hoogstaande gehalte.

Nico Schamrel, die breinkrag en stigter van Ns. Skrywershuis, is bekend vir sy behulpsaamheid en lojaliteit teenoor alle skrywers en digters. 

Wil jy intrek by Ns. Skrywershuis? Hierdie is ‘n ruim huis met genoeg plek vir almal! Besoek gerus hul webwerf: www.nskrywershuis.co.za

‘n Uitgewer met ‘n visie – groter as mooi broodjies bak en heuning om die mond smeer.

n Visie verder as die gewone en nooit tevrede met die alledaags nie.

‘n Visioen van suksesvolle, gelukkige skrywers en digters.

‘n Uitgewer met kreatiewe denke en vooruitgang.

Ns. Kreatiewe Ontwerp: http://pendit.co.za/kompetisie/

admin

You must be logged in to post a comment