PENdit.za publikasies wat te koop aangebied word, kan op die meegaande bestelvorm aangekoop word. Afleweringskoste is ingesluit by die verkoopprys.

LET WEL: Ander publikasies kan aangekoop / bestel word soos per die advertensie.

 

TULPE VIR TALINA – Bets Koen

SINOPSIS: ’n Jong offisier is sielsoud na die grensoorlog in Angola. Die liefde blom, maar nie sonder vrees en vlug nie.

’n Jong meisie soek haar spore in ’n vreemde land en vind ’n toekoms tussen die tulpe van Nederland.

BESKIKBAAR: https://www.amazon.com/Tulpe-Talina-Afrikaans-Bets-Koen/dp/1678641243

 

ROOI PAPAWERS – speur- en moordverhaal – Nico Schamrel – e-boek / slapband

Drie gedempte skote. Sy val vorentoe oor die ruglening van die stoel. Haar hare glip elegant na vore, haar arms slap. Drie koeëlwonde. Drie rooi papawers.

Ses raaiselagtige moorde wat deur Erwee, Gert en Karla opgelos moet word, terwyl dit die leser boei met interessante en onvoorspelbare wendings.

Kommentaar: ‘n Onheilspellende moordverhaal wat kriewelinge langs jou ruggraat laat afloop. Nico Schamrel vleg en tooi genadeloos met sy lesers se emosies en vrese in hierdie tergende moordstorie waarin die leser op en wakker tussen die lyne moet lees. – Hasepad Uitgewers.

http://amazon.com/author/nico-schamrel

 

ENGELA – 35 Kortverhale – Nico Schamrel – R180.00

Hierdie bundel is ’n samevoeging van verskeie kortverhale wat uiteenlopende emosies wek – hartseer, geluk, liefde en die onvermydelike intriges van menswees. Dit lei tot vrae, antwoorde en soms die onverklaarbare.

Die twee kortverhale oor Engela, is ’n huldeblyk aan die skrywer se ma.

RESENSIE – deur Prof. dr. GJ van Jaarsveld (em.) D.Lit. (UV), MA (RAU), THOD (NKP)

“In jou kop is jou drome en jou stories; jou eie wêreld, ’n fantasie met verbeeldingsvlugte vol wonderwerke. Dit wat nie mooi is nie, kan jy inkleur in jou kop.”

Die aanhaling kom uit een van Nico se kortverhale in hierdie bundel. Hy kon nie sy eie skryfwerk beter beskryf het nie! Hy het die gawe om uit ‘n eenvoudige storielyn fantasie op te tower. Met fyn nuanses lok hy die leser om dieper te lees en emosies te ervaar as wat soms aardse, eenvoudige karakters sou suggereer en wat aan elkeen van sy stories ‘n diep menslike karakter gee. Lesers moet nie verwag om die tipiese tydskrifkortverhale in die bundel te lees nie. Sy verhale is in ‘n klas van hulle eie; vir die fynproewer tot oneindige genot; vir voornemende skrywers ‘n literêre les. Vir ons ander? Lees self!

BOEK BESTELLING: nicoschamrel@gmail.com

KINDLE BESTELLING: http://amazon.com/author/nico-schamrel

Boekomslag foto / Front cover photo – award winning photographer David Heger (Czech Republic)http://www.photoheger.com/

 

MARTJIE SE INGELSMAN – Bets Koen

Dis 1901, Lambertsbaai. Die Sybille lê op die rotse, gestrand.
Wat sal die koms van hierdie skip vir die Burger-familie van die plaas Steenbokfontein inhou?
‘n Stryd ontstaan tussen Boer en Ingelsman. Wie sal dan die fraaie Martjie se hand en liefde wen?
Soms moet ‘n mens ‘n drastiese stap neem om te kry wat jou hart na smag.
Die verhaal van Martjie en haar Ingelsman is ‘n verhaal vol intrige.

Beskikbaar by Amazon (Kindle – HASEPAD uitgewers):

 http://amazon.com/author/betskoen?fbclid=IwAR3m1m72bdTmVLK8UguW3jvr8oKTiv1Aj71L8cX4mFyUhz8nMJiZePgt7_w

SEWE DAE – Ronél Maré Dunn

‘Sal jy my verkwalik as ek jou soen?’ Sy stem is effe hees, sy mond so naby, dis moeilik om weg te kyk.
‘Ek … eintlik weet ek nie of jy moet nie.’ Haar stem is onvas. ‘Ek is bang ons … bederf iets.’
Hy trek weg, rus sy arm op ‘n knie. ‘Jy is waarskynlik reg. Dit was net ‘n impuls. Jy is mooi, weet jy? Maar jy is soos ‘n oester – vervlaks moeilik om oop te maak.’
Sy vertrou nie haar stem nie en glimlag net sku.
‘Vertel my wat jy daar in jou skulp wegsteek,’ pleit hy byna.
Hoe moeilik is dit vir twee volwassenes om hulle lewenswyse te verander wanneer emosie opvlam en liefde wink? Is dit moontlik om binne sewe dae hoegenaamd seker te wees dat ‘n verhouding kan werk en dit die moeite werd is om ‘n blinde sprong te waag? Hoe weet enige mens wat die verskil is tussen verliefdheid en liefde?

BESOEK: http://amazon.com/author/rmd?fbclid=IwAR2G239QcOueMHyG6bjxqWVr5uJ56975JgdVy2EeP-Xcdjwqd5lpSVIW7og

Tydpalet – Prys sal nog bekend gemaak word

KEURBUNDEL

Ons stel graag ons derde keurbundel aan jou bekend wat vroeg in 2020 beskikbaar sal wees. Lees ons POSBERIG – http://pendit.co.za/wp-admin/post.php?post=1697&action=edit

SINOPSIS: Soos die kleure op ‘n kunstenaar se palet kan betower en soos ‘n keurige banket die smaakpalet kan verower, so is Tydpalet. ‘n Verskeidenheid van kortverhale word soos ‘n spyskaart aangebied om die kieskeurige leser se palet te terg, plesier te gee en te bevredig. ‘n Palet, keurig saamgestel uit emosievolle intriges. Tydpalet, waar woorde tydloos is.

 

KYK NA DIE VIDEO HIER ONDER 

 

Ses Dae – R180.00 (posgeld ingesluit)

KEURBUNDEL

Ons is trots om ons tweede keurbundel voor te stel en net betyds vir die wintermaande wat op ons wag! Al wat jy nodig het is jou bundel, Ses Dae, warm sjokolade en ‘n kaggelvuur.

Hierdie bundel bevat ’n versameling uitsonderlike kortverhale deur talentvolle skrywers met die natuurelemente as tema. Die mens is deurlopend deel van elke verhaal, net soos in die natuur.
In ses dae is die hemel en die aarde geskape. Die mens het opdrag gekry om dit te bewoon, te bewerk en te bewaar.
Binne dié opdrag beleef mens en natuur ’n simbiose deurvleg met lief en leed.

Maar daar is immer ‘n slang in die gras …

 

KYK GERUS NA HIERDIE ARTIKEL: http://pendit.co.za/2019/03/12/afrikaanse-boek-ses-dae/

VLERKE  – R110.00 (posgeld ingesluit) SPESIALE AANBOD!

Keurbundel

Goeie Afrikaanse boeke het ‘n nuweling. Hierdie unieke keurbundel, met Engele en Kersfees as die hooftema, bied stof tot nadenke, dankbaarheid en hoop wat  in goedvoelstories omskep is. VLERKE is genotvolle leesstof wat jou wegvoer na verbeeldingryke vertellings deur talentvolle skrywers. Die bundel is enig in sy soort en word gekenmerk deur die gebruik van ’n ryke woordeskat in Afrikaans. Die kortverhale is sielverkwikkend terwyl die leser vasgevang word in intriges. Vertellings wissel van die goeddoen van engele wat om ons is, tot Engele wat ongesiens die mens se pad kruis. Die kleurryke verhale word realisties weergegee in beskrywende omstandighede. Die noodlot, liefde en hartseer speel soms ’n rol, terwyl oplossings gevind word en uitdagings oorkom word. Ongetwyfeld ‘n uitstekende toevoeging tot jou versameling van goeie afrikaanse boeke.

Kepies op my kierie – R150.00 (posgeld ingesluit)

Skrywer: Bets Koen

’n Lekkerlees kortverhaalbundel waarby lesers maklik sal aanklank vind omdat dit oor die lewe gaan. Ís bloed dikker as water – of nie? Toeval is eintlik beplan en liefde dra mens deur die lewe en ná die dood. Daar is ken en kén terwyl tyd vir ewig ʼn faktor is. Soms dink iemand hy weet, en dan … Die beloop van die lewe is buite ons beheer en die mistieke dra soms by tot verrassing en hoop vir die toekoms. Lees oor lewenswaarhede met uitkomste wat die leser telkens verras. Lekker lees!

BESTEL: bets.adminco@gmail.com

Kindle: https://www.amazon.com/Kepies-Kierie-Kortverhaalbundel-Bets-Koen-ebook/dp/B07YQ81KG8/ref=sr_1_4?crid=2NEY7A16WVTBP&keywords=bets+koen&qid=1571385288&s=digital-text&sprefix=Bets+Koen%2Cdigital-text%2C431&sr=1-4

Skrywer: Bets Koen

Tydens ons kortstondige verblyf in Mosambiek was ek en my man met situasies gekonfronteer wat my skryflus aangewakker het – vandaar hierdie bundel. Beleef die wonderlike, maar ook die hartseer oomblikke saam met my.

PRYS: R120.00  posgeld ingesluit. BESTEL: bets.adminco@gmail.com

 

Skrywer: Bets Koen

Grootword is eina! Ons soek almal na ‘n plek in dié groot wêreld. Kinders en grootmense kan saam met Oelie ontdek dat, om jou eie self te wees, die beste is!

PRYS: R80.00 – (posgeld ingesluit) BESTEL: bets.adminco@gmail.com

AMAZON: http://amazon.com/author/betskoen

Skrywer: Louise van Gass

Wanneer ‘n jong dame, Cindy Ballantyne, ‘n jong seun ontmoet op haar pa se plaas Schönland, raak sy hartstogtelik verlief op hom. Sy verloor perspektief, maar soos sy groot word besef sy dat Brett MacPherson haar eerste liefde is en altyd sal bly. ‘n Onverklaarbare liefde, want net sodra sy dink hy sal by haar bly dan verdwyn hy weer berge toe en los haar alleen. Sy voer ‘n innerlike stryd met haarself elke keer as hy verdwyn, maar die verbintenis tussen hulle twee is te sterk. Sy ontdek spoedig dat sy ‘n geheim met haar saam dra. Intussen sterf Cindy se pa en oom Lance kom help haar met Schönland. Alex du Randt, die sjarmante vriend van skool tyd af, help haar met haar geheim. Ongelukkig ontwikkel hy ‘n obsessie met haar en verloor beheer. Brett is die enigste een wat daarin slaag om vernuwing in Cindy se lewe te bring. Sy lewe word egter bemoeilik wanneer Alex hom uitoorlê. Brett vlug weer berge toe om genesing te gaan soek en los vir Cindy alleen op sy plaas. Cindy se hart word donker. Sal sy vir Brett weer in haar lewe toelaat of nie? Haar verlossing sal kom van die een wat haar liewer het as Brett Macpherson, en dit is haar pa.

Prys: R180.00  BESTEL: louisetoivg@gmail.com

 

PENdit za BANKBESONDERHEDE

Rekening naam: PENdit

Bank: Capitec

Bank Kode: 470010

Rekeningnommer: 160 181 4117

Rekening: Capitec Spaar

Verwysing (BELANGRIK): Jou naam & van + Item Naam

PENdit.za BESTELVORM: