Welkom by PENdit.za

Vir talentvolle Afrikaanse skrywers wat graag hul werk wil publiseer en met ander wil deel.

‘n Uitgewer met ‘n visie!

Ons verwelkom ‘n nuwe UITGEWER in ons midde – ‘n UITGEWER met visie en kreatiewe denke – Ns. SKRYWERSHUIS. Hierdie uitgewer bied meer as wat jy verwag – ‘n aanlyn boekwinkel en ‘n virtuele koffiekroeg  – enige in sy soort. Kopers kan boeke aankoop in SA-rand deur die boekwinkel te besoek. Die aankope is ‘n

Read More

PENdit.za Groot Kompetisie

Ons nooi jou uit om deel te neem aan ons SPESIALE KOMPETISIE. sluitingsdatum – 20 Junie 2020. Klik op ‘Kompetisie’ op ons knopies bo. Al die inligting verskyn daar, asook die aansoekvorm! GROOT PRYSE!

Skrywersblok, ons gee raad!

Takel skrywersblok

Is die gevreesde skrywersblok ‘n kwint of ‘n kwaal, of bestaan dit werklik? Wat moet ek maak om uit te vind, en hoe moet ek dit benader en behandel?

 

Hier is ‘n plan, daar is natuurlik nog baie: 

Skryf eers die einde, of die hoogtepunt, die draaipunt of die krisis. Of enige ‘lekker’ deel uit jou storie: ‘n wilde aksietoneel of ‘n bekgeveg tussen twee karakters. Laat die skryfsappe vloei. Gaan mal! Wonder jy of en waarom dit skrywersblok sal teenwerk?

Read More

Skryf ‘n goeie teks

As ’n mens iets skryf, skryf jy dit vir iemand. Vir jouself as ’n dagboekinskrywing vir later? Miskien. Maar meestal ontstaan ’n teks in die hoop dat iemand anders dit sal lees.

Lees niemand nie, of te min mense (daar is verskeie maniere om dit vas te stel), moet ’n mens vra: Hoekom nie?

Read More

ENGELA – gewilde Kortverhaalbundel – Nico Schamrel

ENGELA – gewilde Kortverhaalbundel – Nico Schamrel

BESTEL: http://pendit.co.za/afrikaanse-boeke-deur-talentvolle-afrikaanse- skrywers/ KINDLE AFLAAI: http://amazon.com/author/nico-schamrel ENGELA is ’n samevoeging van verskeie kortverhale wat uiteenlopende emosies wek – hartseer, geluk, liefde en die onvermydelike intriges van menswees. Dit lei tot vrae, antwoorde en soms die onverklaarbare. Die twee kortverhale oor Engela, is ’n huldeblyk aan die skrywer se ma. RESENSIE – deur Prof. dr. GJ van

Read More

Karakters in verhale

Karakters in verhale

KARAKTERS EN EMOSIES:  ‘n Romanse of liefdesroman moet verkieslik karaktergedrewe en emosie-gedrewe wees, eerder as gebeure-gedrewe soos ‘n spanningsroman. M.a.w. elke aksie of reaksie van jou karakter moet spruit uit wie sy is en hoe sy voel op daardie oomblik, anders skep jy kartonkarakters wat jou lesers gou sal verveel. Dis al klaar ‘n mondvol

Read More

TYDPALET nuwe Afrikaanse keurbundel

TYDPALET nuwe Afrikaanse keurbundel

Tydpalet is PENdit.za se derde keurbundel wat verskeie kortverhale bevat. Dit sluit nostalgiese verhale in oor die DRAADLOOS, verskeie tydperke, ongewone moordverhale, die goeie ou dae, selfs fantasie en die romanse. Hierdie keurbundel sal vroeg 2020 beskibaar wees. Moenie hierdie bundel misloop nie. Die verhale word gekeur deur ‘n kundige paneel en deur talentvolle skrywers

Read More

Afrikaanse Spelling: los- en vasskryf

Afrikaanse Spelling: los- en vasskryf

Die Los- en vasskryf van woorde: VASSKRYF: Woorde wat een begrip is, word in Afrikaans (anders as bv. in Engels) vas geskryf, byvoorbeeld: Afrikaansonderwyser. Onthou – ‘n koppeltekenwoord is ook een woord. SAMESTELLINGS word as een woord geskryf: ‘n naamwoord + naamwoord, bv: skoolkind ‘n naamwoord + voornaamwoord, bv: pa-hulle, Naledi-hulle ‘n naamwoord + voorsetsel,

Read More

E-boeke – hoe om te werk te gaan!

E-boeke – hoe om te werk te gaan!

E-BOEK PUBLIKASIE: Goed nou is jou manuskrip klaar, jy het ook ‘n idee oor hoe jou buiteblad moet lyk. Jy het die nodige illustrasie(s) en ‘n moontlike goeie titel. Indien jy sou belangstel dat www.eBooksforyou.co.za dit publiseer, doen jy die volgende:   Jy e-pos jou manuskrip in Word-formaat. Jy e-pos die illustrasies in Jpeg-formaat. Indien jy

Read More