Hasepad Uitgewers – HIER IS AL DIE INLIGTING WAT JY BENODIG!

Wil jy graag jou publikasie bemark, verkoop en sukses behaal? Dan beveel ons sterk aan dat jy die volgende inligting lees. Om jou boek of publikasie op Amazon te plaas, is nie kinderspeletjies nie. Daarom bied Hasepad uitgewers jou die geleentheid om GRATIS van hulle diens gebruik te maak.

Hierdie inligting sal jou help om die eerste stappe te neem.

1. Grootte van boek en spesifikasies

Blad grootte:

– 12.7 x  20.32 cm (5×8 duim). Romans. Kortverhale. Kortverhaalbundels. Prosa.

– 15.24 x 22.86 cm (6×9 duim) Vet romans. Nie-fiksie. Mooi geformateerde poësie.

– 20.32 x 25.4 cm (8×10 duim). Kinderboeke met groot illustrasies. Swart-en-wit (goedkoper) of volkleur (duur om te druk). Die buiteblad is altyd volkleur.

Minimum 30 000 woorde vir sagteband

2. Omslag moet volgens die korrekte Amazon spesifikasies ontwerp word. Kontak NS Kreatiewe Ontwerp vir jóú ontwerp (nicoschamrel@gmail.com). Hulle het/besit die kundigheid en lewer professionele diens. Die kostes is minimaal en kom nie naby ander onderwerpe se hoë tariewe nie. ’n Tuisgemaakte omslag doen afbreek aan jou werk.

3. Omslag: moet duidelik en in fokus wees. Waak teen onleesbare sierskrif. Weereens, maak gebruik van ’n goeie ontwerper wat weet wat hulle doen dit.

4. Proeflees en redigeer jou manuskrip voor voorlegging deur professionele en opgeleide persone. PENdit.za lewer hierdie diens teen ’n billike bedrag.

5. Font en grootte: Times New Roman / 12

6. Sinopsis: moet saam met manuskrip voorgelê word. Sinopsis en skrywer se bio moet kort wees weens spasie.

7. Profielfoto: moet duidelik en in fokus wees. Neutrale agtergrond, oog is sigbaar (ons moet almal probeer intelligent lyk, reg?), mooi kantbeligting, effens gedraai, hoë resolusie.

8. Hasepad en Amazon:

a. Ons verlang ’n profielfoto van jouself vir jou persoonlike blad op Amazon – duidelik, hoë resolusie.

b. ’n Bio van jouself (ongeveer … woorde)

c. Jou manuskrip soos hierbo uiteengesit.

d. Hasepad plaas jou boek op Amazon. Dit neem tyd daarvoor aktief op jou profiel verskyn, want Amazon deel met derduisende kliënte elke dag. Jy sal verwittig word sodra jou boek lewendig op Amazon is.

e. Skrywers kan hulle boeke self aankoop teen kosprys. Hasepad sal jou van hulp wees indien jy nie seker is hoe nie.

f. Jy kan ook self sien hoe goed jou boeke verkoop. Om dit te doen, kan jy die instruksies van Hasepad aanvra en dit volg.

g. Betaling aan skrywers geskiet eers nadat ’n sekere hoeveelheid boeke verkoop is.

h. Hasepad ontvang 20% van die verkope as kommissie.

i. Let asseblief daarop: dit neem nie ’n paar uur om jou boek op Amazon te plaas nie. Dit kan weke neem om een manuskrip op Amazon te plaas wees kompliserende tegniese werk.

j. Die prys van jou boek is in Dollars weens die tegniese sy daarvan, maar die prys word verwerk na rand indien jy die korrekte skakels volg.

k. Die prys van aankope word deur jou bepaal, maar Hasepad gee goeie advies weens hulle eie ondervinding en goeie kennis m.b.t. tot die mark. Enige verkoopprys kan verander word.

9. Voordele

a. As skrywer word jy blootgestel aan miljoene lesers oor die wêreld.

b. Hoe meer mense jou volg as skrywer, hoe meer blootstelling kry jy.

c. Die kostes om jou boek op Amazon te plaas is GRATIS – dus kos die blootstelling jou nie ’n sent nie.

d. Jy hoef nie duisende rande te spandeer om jou boek te druk of te laat publiseer nie. Kopers kan jou boek as ’n Kindle of slapbandboek bestel. Onthou – as skrywer kry jy jou eie boek teen kosprys!

e. Hasepad skep ’n profiel vir jou as skrywer op hul webwerf. Weereens ontvang jy gratis blootstelling. Indien ’n persoon op jou profiel klik, word hy direk gelei na jou beskikbare boeke. Indien die persoon dan op enige van jou skrywes klik, skakel dit die persoon direk na jou persoonlike Amazon profielblad.

10. Nadele

a. Indien jy opsoek is na enige nadele of slaggate, soek jy na niks. Indien jy sou dink dat dit ’n tydsame proses is, dink weer. Dit neem blitsvinnig om jou boek te publiseer teenoor ’n publiseerder / uitgewer – dit kan ’n jaar neem. Met Hasepad / Amazon neem dit minder as maand!

b. Jy mag dalk afgeskrik voel oor die betaling na verkope, maar indien jy dit sélf moes verkoop sou dit heelwat langer neem. Om jou eie bemarking te doen is nie kinderspeletjies nie. Boonop is die betaling die moeite werd!

c. Dit is ’n wonderlike gevoel om ’n stapel van jou eie boeke langs jou te sien lê, maar dit is waar dit sal bly (en ’n nadeel). Jy verkoop gouer jou boeke op Amazon waar dit in die oog is as in ’n boks op jou vloer. Nou verskyn jou boek oor die wêreld en kan miljoene dit besigtig soos in ’n biblioteek of ’n boekwinkel. Onthou: daar is baie Suid-Afrikaners wat woon en werk oor die hele wêreld. Dit is klaar bewys dat Nederlanders geniet dit om Afrikaans te lees!

Indien jy nog twyfel oor Hasepad Uitgewers en Amazon, of vrae wil stel, is jy welkom om hulle te kontak per e-pos: gerhard@hasepad.com

HASEPAD WEBWERF: www.hasepad.co.za

PROEFLEES EN TEKSREDIGERING: www.pendit.co.za

BOEKOMSLAG: https://nicoschamrel.wordpress.com/ns-kreatiewe-ontwerp/