Boekomslae en bemarkingsmateriaal wat die oog vang.

WAT ONS VIR JOU KAN DOEN:

JOU BOEKOMSLAG is jou vertoonvenster. Die buite- /en agterblad van jou boek is van uiterste belangrik. Dit dra positief by tot die verkope van ‘n publikasie en komplimenteer jou skrywe. ‘n Interessante omslag trek aandag. Ons bied graag ons dienste aan vir grafiese werk wat jou nuwe publikasie sal benodig. Die koste sal bepaal word deur wat verlang word (minimum R500.00 – R650.00). Jy ontvang meer as een omslag om van te kies. Daar is nie ‘n maksimum hoeveelheid voorbeelde as voorlegging nie, want ons ontwerp tot jy tevrede is.

Ons vervaardig ook kort, unieke videos om jou boek bekend te stel teen ‘n lae tarief, omdat ons graag wil bydra tot die sukses van jou boek se verkope. Ons videos is gewild en die koste is ongeveer R300.00 tot R350.00 per video.

UNIEKE ONTWERPE WAT JOU SAK PAS

Gee aan ons die details: ongeveer grootte, titel van jou boek - skryf dit in die kommentaar blok.