WIL JY GRAAG JOU BOEK PUBLISEER? Jy is op die regte plek – minimale kostes, 100% tantieme en geen fieterjasies!
ONS KAN ALLEENLIK KWOTEER – sodra ons jou voltooide manuskrip ontvang het.
Wat moet ek doen?
- Stuur jou manuskrip in Word-formaat per vonkpos na info@nshuis.co.za of nicoschamrel@gmail.com – in ‘n leesbare skriftipe (font) soos Calibri en gebruik 12 as die skrifgrootte. Geen prentjies nie. Geen krullerige of enige ander sierskrif of patrone nie. (Enige ander sierskrif kan later aangebring word). Illutrasies moet apart gestuur word. Dui aan waar die illustrasies ingepas moet word.
- Ons evalueer en gee terugvoering.
- Ons voorsien ‘n kwotasie vir teksversorging, tipografie, omslag ontwerp en admin-fooi.
- Indien jy instem om van ons diens gebruik te maak, begin ons dadelik met jou manuskrip.
- AFBETALINGSOPSIE – jy kan van ‘n afbetalingsopsie gebruik maak.
JOU UITGEWER
As uitgewer kan ons jou help om onafhanklik jou boek te publiseer – onder die vaandel van ‘n uitgewer met die beste reputasie.
Ons beskou onsself as die argitek van jou publikasie. Om ’n huis te bou, benodig ’n bouer planne. Om ’n boek te publiseer, word ook planne benodig. Ons beskik oor daardie planne.
Die basis van ’n suksesvolle boek is die inhoud. As jou uitgewer, verseker ons dat jou manuskrip voldoen aan ’n hoë standaard deur puik teksversorging. Foute in ’n manuskrip is hinderlik, dui op ’n onprofessionele produk en reflekteer negatief op jou as die skrywer.
Wanneer die fondament gelê is, bou ons verder om jou boek ’n spogproduk te maak wat uitstaan. Wie wil in ’n lelike huis bly met gekraakte mure en ’n dak wat lek? Jou omslag is jou vertoonvenster en daarom ontwerp ons ’n puik omslag wat aandag trek. Ons sien jou omslag as ’n spoghuis waarna mense kom kyk, bewonder en aanklop om die binneversiering te sien.
Dit is ook vir ons as jou uitgewer, belangrik dat jou tuin aanloklik is. Jou sinopsis of lokteks word goed afgerond en gemanikuur om die koper se nuuskierigheid te prikkel.
Ons maak seker dat jy trots is op jou produk en met selfvertroue daarmee kan spog.
’n Voltooide boek kom tot sy reg wanneer dit soos ’n kunswerk uitgestal word. As jou uitgewer, plaas ons jou boek op ’n rak in ons aanlyn boekwinkel, maar ons vergeet nie daarvan nie. Ons spog verder! Jou boek word wyd en syd bemark en tentoongestel.
EK WIL INTREK BY DIE SKRYWERSHUIS
Daar is ʼn huis waar daar altyd in die donker ʼn lig brand – Ns. Skrywershuis – ʼn uitgewer wat omgee oor jou droom.
IS ALLE FORMAAT EN GENRE AANVAARBAAR?
Ons publiseer sagteband en eBoeke – digbundels, fiksie, nie-fiksie, jeug- en kinderboeke, roman, rillers – dus enige genre.
WAT BIED Ns. SKRYWERSHUIS NOG?
As jou uitgewer, plaas ons jou boek gratis op ons boekrak in ons aanlyn BOEKWINKEL waar voornemende kopers jou boek kan aanskaf deur slegs twee stappe: Klik en Betaal. Dit geld vir sagteband en eBoeke.
Betaling word in SA-rand aanvaar deur middel van elektoniese betaling (EFT) of PayFast. Die koper van ‘n sagteband ontvang sy boek via ’n koerierdiens. Indien die koper ʼn ander wyse verkies, is dit die koper se verantwoordelikheid om die reëlings te tref en betaling te doen. Ns. Skrywershuis dra geen verantwoordelikheid in sodanige geval nie.
WANNEER ONTVANG EK TANTIÈME?
Tantième word met elke verkope onmiddellik aan die skrywer betaal. Daar is GEEN wag periode van 3 tot 6 maande nie. Die skrywer ontvang 100% tantieme – dus neem ons geen kommissie op die verkope nie.
WORD EK GEBIND DEUR ’N KONTRAK?
Nee, beslis nie! Jou skryfwerk is jou harde werk en jou eiendom. Al wat ons benodig is jou toestemming om jou boek as uitgewer te hanteer en in ons boekwinkel te plaas. Ons benodig jou bankbesonderhede vir uitbetaling. Ons verseker ook streng sekuriteit aangaande jou persoonlike inligting.
Sodra jy ons kontak, stuur ons aan jou al die nodige inligting.
WAT BIED Ns. SKRYWERSHUIS GRATIS EN ENIGE ANDER VOORDELE?
- Aansoek om ʼn ISBN nommer is gratis.
- Gratis bemarking op verskeie platforms en webwerwe.
- 100% tantième na die verkoop van jou boeke. Ons neem GEEN presentasie/kommissie nie.
- Gratis bemarkingsverslag (op aanvraag).
- Verkopestaat per maand is gratis (op aanvraag).
- Jou persoonlike lêer waarin jou boek en inligting bewaar word.
- Gratis geskenkbewys aan gereelde skrywers en kopers.
- Ons vra geen ekstra bankkostes nie.
WATTER DIENSTE BIED Ns. SKRYWERSHUIS?
- Proeflees en teksversorging deur – PENdit.za
- Tipografie – uitleg en tipografie vir sagteband en eBoek
- Amazon – ons kan jou boek op Amazon laai om verkope aan te sterk
- Omskakeling van manuskrip na eBoek en Mobi
- Omslagontwerp – deur Nico Schamrel
- Rensensie(s) – Professionele resensie / boekeverslag
- Professionele illustreerder vir kinderboeke of waar van toepassing
- Die hantering van verkope en verslaggewing
- Kwaliteit drukwerk van jou boek
- Skryf van sinopsis / lokteks en skrywer bio
- Bemarking van jou boek en verslaggewing
- Video – Bemarkingsmateriaal – video
WAT IS DAAR WAT Ns. SKRYWERSHUIS SO VERSKILLEND MAAK?
- Ns. Skrywershuis is die eerste en enigste uitgewer met ʼn aanlyn KOFFIEKROEG! Hierdie unieke idee het sy oorsprong uit verskeie oorde. In vandag se omstandighede probeer ons boekwinkels en koffieplekke, restaurante en enige ander openbare ruimtes waar baie mense is, vermy. Selfs biblioteke is nie meer ons gunsteling kuierplek nie.
Ons het ʼn denkbeeldige, moderne KOFFIEKROEG ontwerp waar almal kan saam kuier. Hier kan jy op die spyskaart klik en ʼn paar bladsye van ʼn boek lees – GRATIS. Indien jy daarvan hou − dit is te koop!
Net soos ons proe aan kos en eet met ons oë, so kan ons nou dieselfde doen met uitgesoekte boeke op die spyskaart.
2. LOKFLIEKS: Hierdie webwerf is die enigste in sy soort wat as uitgewer LOKFLIEKS aanbied aan ons lesers. Boeke word visueel suksesvol bemark. Gehoorgestremdes vind hierby baat.
3. RADIO UITSENDINGS: Ns. Skrywershuis en AllesAfrikaans saai uit op Kaapstad Radio, Waterberg Stereo, Sabie Radio en Coastal Radio. Ons bespreek boeke en bemark onsself as Uitgewer.
Deur konstante onderhoude word Ns. Skrywershuis blootgestel aan derduisende luisteraars!
4. NS. KLASKAMER: Ons ondersteun PENdit.za se Slypskool en bied ook kursusse aan waarby skrywers kan baat vind.
5. AMAZON – ons maak gebruik van ons ondervinding om skrywers se boeke op Amazon te laai om verkope te versterk oor die hele wêreld.
6. GEMEENSKAPSWERK – ons doen ‘n jaarlikse geldinsameling om gemeenskappe van hulp te wees.
7. KOMPETISIE – ons hou gereeld kompetisie en stel in 2022 die Ns. Skrywershuis Prys vir Afrikaanse Literatuur bekend.
RADIO UITSENDING
https://youtu.be/cYFT3LVDcYohttps://youtu.be/lLljAdjMwBg
STEEK Ns. SKRYWERSHUIS IETS WEG?
Ons is eerlik – ons hef wel ʼn adminfooi vir die plaas van jou boek, jy verdien immers al die voordele. Die adminfooi word aangewend vir die tegniese werk, webspasie, programonderhoud en -inhoud en data-storing. Hierdie fooi is eenmalig en sluit ook in voltydse bemarking van jou boek op verskeie platforms. Ons betaal die skrywer 100% van sy verkope, deels omdat ons talentvolle skrywers wil ondersteun.
PROEFLEES EN TEKSVERSORGING
Proeflees en teksversorging behels die nagaan van jou manuskrip vir spelfoute, leestekens, tikfoute en sinstruktuur.
Ons bekwame proeflesers (PENdit.za) let ook op of feite ooreenstem, bv. in jou teks is dit volmaan, maar op die volgende bladsy is dit ‘n sekelmaan. Skrywers vorm ‘n prent in hul kop en soms verloor ons daardie inligting omdat ons ons skrywe onderbreek. Die proefleser fynkam jou manuskrip en doen aanbevelings.
Jy ontvang jou manuskrip terug met aanwysings en kommentaar. Dit is dan die skrywer se werk om hierdie regstellings te maak. Terselfdertyd leer jy!
JOU BOEKOMSLAG
Jou omslag is jou vertoonvenster. Kopers koop met hulle oë.
‘n Unieke en moderne omslag trek die aandag. Ons beskik oor jare se ondervinding deur op hoogte te bly by hedendaagse ontwerpe en deur buite die boks te ontwerp.
Ons pryse is beslis ver onder die mark! Hoekom? Vir ons is dit ‘n saak van behulpsaam te wees aan alle skrywers – ons maak dit bekostigbaar vir ‘n ieder en ‘n elk.
ONS DOEN BEMARKING EN BEMARK ONS SKRYWERS
Vir selfpubliseerders is hierdie een van die groot kopsere. Ons neem die pyn weg en bemark jou boek op verskeie platforms en webwerwe.
Ons ontwerp stylvolle bemarkingsmateriaal – aandagtekkers wat die oog vang.
Ns. Skrywershuis het ook sy eie ADVERTENSIEBLAD en teen ‘n minimale koste kan jy jou boek ook hier adverteer. Wil jy op die voorblad verskyn? Niks is onmoontlik nie. Doen gerus navraag oor ons bemarkingsdiens.
Alle bemarking is gratis vir ons skrywers en deel van ons diens.
Ns. Skrywershuis wil jóú help met beter verkope en die beste blootstelling.
ONS VOER ONDERHOUDE MET ONS SKRYWERS VIR BLOOTSTELLING
https://youtu.be/7H8uhPROsdQ
https://youtu.be/WzAID8vpuMI
ONS KAN ALLEENLIK KWOTEER – sodra ons jou voltooide manuskrip ontvang het. Stuur jou manuskrip na nicoschamrel@gmail.com
BESOEK ONS WEBWERF: www.nskrywershuis.co.za