PROEFLEESDIENSTE EN TEKSREDIGERING

SKRYWERSDIENSTE – Ronel Dunn en Bets Koen is gekwalifiseerd met wye ervaring van proeflees sowel as teksredigering. Hulle dienste is professioneel en foutloos. Volledige manuskripte of kortverhale – PENdit.za se twee proeflesers sal dit met gemak hanteer.

Vir ʼn kwotasie, stuur jou manuskrip aan info@pendit.co.za

By ontvangs van jou manuskrip sal ons proeflesers besluit hoeveel proefleeswerk nodig is en daarvolgens ʼn pasmaak tarief vasstel. Indien die manuskrip teksredigering benodig, sal hulle dit per e-pos met jou bespreek. Maak dus gebruik van ons skrywersdienste.

Stuur jou manuskrip in Word-formaat per vonkpos na bets.adminco@gmail.com of info@pendit.co.za – in ‘n leesbare skriftipe (font) soos Calibri en gebruik 12 as die skrifgrootte. Geen prentjies nie. Geen krullerige of enige ander sierskrif of patrone nie. (Enige ander sierskrif kan later aangebring word). Illutrasies moet apart gestuur word. Dui aan waar die illustrasies ingepas moet word.

 

Wat doen PENdit.za se twee proeflesers?

Redigering begin by jou as skrywer, net na voltooiing van jou manuskrip. Skrywers dink dikwels ’n redigeerder kan die herskryf van ’n teks, sommer na die eerste deurskryf behartig. Dit is egter die skrywer se plig om die herskryf van die verhaal of dokument waar te neem.

Eers daarna kom die redigeerder as objektiewe persoon om dit te fynkam deur te kyk na spelling, leestekens, taalkonstruksie, styl, konsekwentheid, vloeibaarheid, gladde opeenvolging van paragrawe en hoofstukke, verband en in akademiese of meer formele dokumente ook na inhoudsopgawe, bibliografie, struktuur, duidelikheid van feite, ensovoorts.

’n Bietjie raad met eie eerste redigering:

Kry eerstens bietjie afstand, slaap daaroor.

Om meer objektief daarna te probeer kyk (want jy is oorbekend met die verhaal), kan jy die lettertipe, grootte van lettertipe en spasiëring verander. Jy kan dit ook uitdruk, want jy sien dikwels foute beter raak op dié manier. Probeer jou werk deur die oë van jou leser lees.

Let veral op na herhaling, vloeibaarheid, spelling, leestekens en korrekte feite.

Doen net kort gedeeltes op ’n slag anders verloor jy konsentrasie.

Wanneer jy tevrede voel, stuur jy dit vir jou redigeerder

Redigering behels geweldig baie soos hierbo genoem. Daar word kommentaar gelewer om die skrywer te lei om sekere veranderinge aan te bring. Dit neem baie tyd in beslag, veral omdat die redigeerder jou dokument ’n paar keer (drie tot vyf keer) deurgaan. Jy behoort dus te verstaan dat wanneer dit ‘n volledige boek is,’n redigeerder soms tot drie maande nodig het om dit volledig te redigeer. So nie kan ons nie die hoë standaard handhaaf nie

Proeflees beteken om die manuskrip in ’n finale vorm deur te gaan en alle spel-, leesteken- en taalfoute, bladuitleg en algehele voorkoms na te gaan en om dit persgereed te maak.

Ons by PENdit.za redigeer (“editing”) en proeflees, doen taalversorging en tegniese uiteensetting van skryfwerk, kreatiewe skryfwerk soos sketse, essays, prosa, artikels, kortverhale en romans.

Vir meer inligting, klik op ons knoppie!

Kontak ons  http://pendit.co.za/kontak-ons-puik-dienste/

 

 

GRAFIESE WERK

Die buite- /en agterblad van jou boek is belangrik. Dit dra positief by tot die verkope van ‘n publikasie. ‘n Interessante omslag trek aandag. Ons bied graag ons dienste aan vir grafiese werk wat jou nuwe publikasie sal benodig. Die koste sal bepaal word deur wat verlang word.

KONTAK: Nico schamrel by nicoschamrel@gmail.com

WEBWERF: http://www.nicoschamrel.com

LEES MEER: http://pendit.co.za/2019/06/16/ns-kreatiewe-ontwerp-ter-bevordering-van-afrikaanse-skrywers/

ONS VERVAARDIG OOK ‘N VIDEO OM JOU BOEK BEKEND TE STEL: 

NS KREATIEWE ONTWERP PROMOSIE:

VUL HIERDIE VORM IN VIR ‘N KWOTASIE OP JOU MANUSKRIP:

BANKBESONDERHEDE

Rekening naam: PENdit

Bank: Capitec

Bank Kode: 470010

Rekeningnommer: 160 181 4117

Rekening: Capitec Spaar

Verwysing (BELANGRIK): Naam & van + dit waarvoor jy betaal.

Sluit aan by ons geslote groep Facebook-blad  https://www.facebook.com/groups/1916633848454903/

Kyk gerus na ons Slypskooldienste deur hier te kliek: http://pendit.co.za/slypskool/