Elke potensiële skrywer sal oneindig baat vind by hierdie Slypskool om meer te leer van die fynere kunsies van kreatiewe skryfkuns.

PENdit.za se Slypskool aanbieders is nie net gewillige leermeesters nie, maar ook goeie skrywers wat met raad en daad dwarsdeur die slypskool advies gee. Werkstukke word verskaf waar lede hulle nuutgevonde kennis kan toets. Hulle word ook aan hierdie werkstukke geëvalueer.

ʼn Maand word gegee vir die afhandeling van ʼn module, maar dit kan ook vinniger afgehandel word, afhangende van elke individu. Daar word van lede verwag om aan die einde van die slypskool ʼn kortverhaal van ongeveer 1,500 woorde in te handig. Die beste verhaal kom in aanmerking vir publikasie. ʼn Addisionele bedrag van R150.00 is betaalbaar vir proeflees voor publikasie.

Geen verhaal sal deur PENdit.za gepubliseer word sonder dat dit geproeflees is nie.

Die proeflees sal deur PENdit.za se proeflesers hanteer word.

Temas wat tydens die slypskool behandel sal word:

  1. Tipes prosa
  2. Genres
  3. Beplan jou storie
  4. Perspektief en fokalisering
  5. Karakterisering
  6. Monoloog en dialoog
  7. Intrigesituasies en tydspronge
  8. Ruimte
  9. Tonele en hoofstukke
  10. Wys en vertel
  11. Humor
  12. Spanning en gevoel
  13. Algemene foute
  14. Afronding van manuskrip

 

Persone wat reeds die slypskool gedoen het, is welkom om die bykomende modules apart te doen as aanvulling. 

Kostes: R2800 eenmalig of R200 per module.

Francois Bakkes (PENdit-lid op Facebook-blad) lewer kommentaar oor ons Slypskool:

“Behalwe vir die evaluering van my kortverhaal, is ek nou amptelik klaar met die kursus. Ek het dit verskriklik geniet. Ek kan dit regtig aanbeveel. Die inhoud van elke module word baie goed uiteengesit. Baie dankie aan die twee lektore.”

ADMIN: Dankie en welgedaan, Francois. Ons weet jou droom sal bewaarheid word – daarvan getuig jou uitstekende prestasies gedurende hierdie kurses!

BANKBESONDERHEDE

Rekening naam: PENdit

Bank: Capitec

Bank Kode: 470010

Rekeningnommer: 160 181 4117

Rekening: Capitec Spaar

Verwysing (BELANGRIK):

1. Betaling per module: Jou naam en van + module nommer

2. Eenmalige betaling: Jou naam en van + slypskool

KLIK OP SKAKEL VIR OOREENKOMS EN AANSKOEKVORM: