Is die gevreesde skrywersblok ‘n kwint of ‘n kwaal, of bestaan dit werklik? Wat moet ek maak om uit te vind, en hoe moet ek dit benader en behandel?
Skryf eers die einde, of die hoogtepunt, die draaipunt of die krisis. Of enige ‘lekker’ deel uit jou storie: ‘n wilde aksietoneel of ‘n bekgeveg tussen twee karakters. Laat die skryfsappe vloei. Gaan mal! Wonder jy of en waarom dit skrywersblok sal teenwerk?
As ’n mens iets skryf, skryf jy dit vir iemand. Vir jouself as ’n dagboekinskrywing vir later? Miskien. Maar meestal ontstaan ’n teks in die hoop dat iemand anders dit sal lees.
Lees niemand nie, of te min mense (daar is verskeie maniere om dit vas te stel), moet ’n mens vra: Hoekom nie?