Welkom by PENdit.za

Vir talentvolle Afrikaanse skrywers wat graag hul werk wil publiseer en met ander wil deel.

Moedertaaldag – kompetisie vir lede

Moedertaaldag – kompetisie vir lede

KOMPETISIE – MOEDERTAALDAG, 21 Februarie 2020

Februarie is Moedertaalmaand, met die hoogtepunt Moedertaaldag wat wêreldwyd op 21 Februarie gevier word.

‘In jou ouerhuis leer jy praat, hoor, dink, voel … leer jy om mens te wees. In jou moedertaal verwoord jy jouself die maklikste en duidelikste.’ – Afrikaans.com

Ons nooi jou uit om die wêreld te vertel wat jý dink van jou moedertaal.

WOORDE: ongeveer 35 woorde

SLUITINGSDATUM: 18 Februarie 2020

WEN: R200.00 kontant, geborg deur PENdit.za. Wenner sal op 19 Februarie 2020 aangekondig word. Die wenner se skrywe en profielfoto sal in PENbrief én op PENdit.za se webwerf verskyn.

  1. Almal mag deelneem.
  2. Die oorsprong van jou bewoording moet jou eie wees.
  3. Net een inskrywing per lid.

 

INSKRYWING: Vir logistiese redes word nét inskrywings aanvaar wat per e-pos gestuur word na info@pendit.co.za. Inskrywings as kommentaar word nie aanvaar nie.

admin

You must be logged in to post a comment