PUBLISEER JOU STORIE – VALENTYN UITDAGING
Word ‘n lid van ons Facebook-blad en neem deel aan verskeie uitdaging en publiseer jou skrywes.
Uitdagings word gereeld geplaas op PENdit.za se Facebook-blad. Lede kan deelneem aan hierdie verkeie uitdagings en selfs pryse wen. Skrywers se werke word gekeur en wenners se skrywes word in ‘n keurbundel gepubliseer deur PENdit.za na dit geproeflees is.
VALENTYN UITDAGING
ALLEENLIK VIR LEDE VAN PENdit.za en Facebook-lede
Hierdie uitdaging bied ‘n groot geleentheid aan al ons lede. Die gekeurde verhale word deur Ria Fourie voorgelees. Sy sal aankondig wanneer.
Skryf lighartig, komies, romanties. Meld die kategorie asook die nommer van jou keuse wat ter sprake is in jou verhaal. Jou verhaal moet hierom geweef word. Jy mag jou eie titel gebruik. GEEN Foto’s sal geplaas word nie.
Wanneer jy jou kortverhaal op die blad plaas, tag (sluit) asseblief vir Ria Fourie (in) – dit is uiters belangrik. Daar word nie ’n wenverhaal gekies nie, maar verhale wat beste pas by haar program. Verhale wat voorgelees gaan word, sal aangekondig word.
KATEGORIE (kies een):
- ‘n Bloedrooi blom
- By die ou padstalletjie
- Meer as genade nodig
- My rooirokdag
- Wyn en ‘n valentyn
- Op platform drie
Kies dan 1 van die volgende “voorwerpe” wat in jou verhaal moet voorkom: (byvoorbeeld – kies 5: nat teerstraat, mossels en kougom – hierdie 3 voorwerpe kom in jou verhaal voor):
- ‘n Verestoffer en besem en ‘n rooi rok
- ‘n Roeispaan, parkbankie en ‘n stopstraat
- Horlosie, foto, rooi skoene
- Vonkelwyn, stinkvoetekaas en ‘n spieël
- Nat teerstraat, mossels en kougom
AANTAL WOORDE: 700
SLUITINGSDATUM: 8 Februarie 2019